© Alfa Pastorale Praktyk & Zama Zama Hope 4 U Foundation

Basiese Jaar Kursus

“Your legacy is every life you have ever touched” – Maya Angelou

Module 1: Teologiese begronding

• Missionale teologie • Teologie van hoop • Teologie van aanraking • Teologie van teenwoordig-wees • Teologie van gasvryheid • Teologie van menswaardigheid • Teologie van konteks en in Afrika

Module 2: Pastorale onderbou

• Missionale perspektiewe • Narratiewe perspektiewe • Sielkundige en beradingsperspektiewe • Interdissiplinêre perspektiewe • Netwerk en vennootskap perspektiewe • Identiteit, spiritualiteit en geloofsgroei • Beoefen die gesindheid wat demonstreer dat jy jouself ontledig (kenosis) ter wille van die koninkryk

Module 3: Etiese, kontekstuele en Afrika diskoerse

• Ontdek jouself • ’n Positiewe selfkonsep • Huweliksgroei, bevrediging en beplanning • Egskeidingsbegeleiding en enkelouerskap • Dissipline en gesag • Gender en seksualiteit • Kommunikasievaardighede • Diskriminasie, verwerping en karakterskending • Hanteer stres, spanning en uitbranding • HIV/Aids • Depressie en gemoedsversteurings • Selfdood en genade dood • Pornografie en afwykende seksuele gedrag • Hanteer verlies van werk, gesondheid, dood, egskeiding, verandering ens • Seksuele bevrediging en intimiteit • Verantwoordelike tydsbenutting en prioritisering • Geweld teenoor vroue en kinders • Emosionele volwassenheid • Innerlike genesing • Groen lewe en bewaring • Mag, omkopery en normloosheid • Boelies, verkleinering en afbrekende gedrag • Die proses van vergifnis en heelwording • Gay-wees en die hantering daarvan • Chemiese afhanklikheid (drank, dwelmiddels en opkikkers/steroïde)

Module 4: Ontwikkelingsmylpale in jouself/eie menswees

• Leef jou roeping in die teenwoordigheid van die Drie-enige God • ’n Gelukkige en sin-gewende lewenstyl • Geloofsonderskeiding • Verdiep jou gebedslewe en geestelike dissiplines • Verreken diversiteit • Inkarnasie en eenheid in Christus • Om geestelike patrone in jou eie lewe te bepaal • Om risiko’s te neem en grense oor te steek • Om holisties te dink, voel en te lewe asook selfsorg • Om te fokus op God se koninkryk

Module 5: Moontlike spesialisvelde

• Hospitaal en siekebediening • Trauma en krisisintervensie • Berading, begeleiding en opleiding tov huwelike, egskeiding, tieners ens • Missionale netwerke en uitreike asook die stigting van nuwe geloofsgemeenskappe • Jeugwerk in gemeentes, skole, statutêre instellings ens

Werkswyse:

Die kursus duur 1 jaar en word afgehandel as: • twee van die verpligte werkswinkels bygewoon is; • drie opdragte uit Module 3 soos ooreengekom suksesvol voltooi en afgehandel is; • ’n mini-skripsie van 60 bladsye ingelewer is en die 30 ure praktiese werk onder die leiding van ‘n goedgekeurde supervisor afgehandel en haar/sy evalueringsverslag ingedien is by die kursusleiers (sperdatum: Soos onderling ooreengekom)

Werkswinkels:

Agt werkswinkels/kontaksessies (2 in Pretoria, UP, 2 in George (indien meer as 5 studente), 2 in Bloemfontein, UV (indien meer as 5 studente) en 2 in Stellenbosch, US)

Status van kursus:

Sertifikaat. Geakkrediteer deur Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die Teologiese Fakulteit by die Universiteit van Pretoria, 120 VBO punte en 20 CPSC/CPD punte geëvalueer en toegeken/geregistreer deur CPSC, "Council for Pastoral and Spiritual Counsellors

Registrasie:

Voor of tot 31 Januarie 2024 vir die groep studente vir 2024 Kliek hier om te registreer

Koste:

Die paar voorgeskrewe handboeke en studiemateriaal word deur die student aangekoop. Begroot min of meer vir so R500 daarvoor. Dit is nie ingesluit by die kursusfooie nie. Die kursus fooie beloop: Deposito by registrasie 31 Januarie 2024: R3000; Die res R3000 voor of op 30 Junie 2024: Totale kursusfooi: R6500 (beurse/borge beskikbaar)
Alfa Pastorale Praktyk

Waarderende terugvoer van

studente:

Marietjie Janse van Vuuren – hoërskool onderwyseres Kwa-Zulu Natal Baie dankie vir die wyse waarop julle die kursus aangebied het. Die kursus het my seflvertroue in my beradings werk bevorder. Die leeswerk asook werstukke was ‘n uitdaging! Dit mienie skripsie was vir my ook ‘n uitdaging en aangenaam om te voltooi. Baie dankie vir die kennis wat julle met ons gedeel het. Baie dankie ook vir die gesindheid waarmee die kursus aangebied is.